Bookworm Fantasy
Witman van die Duine deur Jan J. Van Der Post (EERSTE UITGAWE)

Regular price
R 55.00
Regular price
R 80.00
Sale price
R 55.00
Unit price
/
per
159 Bladsye, Hardeband
22cm x 14cm
EERSTE UITGAWE 1965
As jong seun het die skrywer lank met ‘n groep Boesmans rondgeswerf. Later het hy weer amper drie jaar tussen die Boesmans gelewe.
In hierdie boek is Jan (die skrywer) reeds ‘n uitgegroeide jongman. Saam met Agarob gaan hy na ‘n saamtrek van Boesmans by die Berge van die Maan. Maar eers moet hy volledig mens-van-die-veld word, sodat die Boesmans hom sal aanvaar. Jan moet dus weer opgelei word in die jagtegniek, in die veldkunde en veral in die mentaliteit van die veldmens, voordat hy sy Boesmannaam, Kei-Annies, kan verdien.
Kei-Annies en Agarob neem deel aan die jagtog op die „misdadiger”, Gaub. Byna eindig dit noodlottig, maar dan trek hulle twee saam met ‘n groep Boesmans tot by die heilige grotte.
Die verhaal is nie bloot ‘n herhaling van Agarob en Gaub nie. Omdat die witman tussen die Boesmans ‘n nuwe verskeidenheidsfaktor is en aan die leser ‘n nuwe meelewingsmoontlikheid gee, is Witman van die Duine verrassend nuut.