Skip to product information
1 of 4

Bookworm Fantasy

Van Wyk Louw by J.C. Steyn

Van Wyk Louw by J.C. Steyn

Regular price R 300.00
Regular price R 400.00 Sale price R 300.00
Sale Sold out
'n Lewensverhaal
1200 bladsye, Hardeband, Box Set
25.5cm x 18.5cm
Kondisie: Baie goed (Het baie klein/geringe tekens van slytasie)
Goodreads Gradering: 4.40 * 5 ratings * 1 review
Genres: Biografie

Indringend skryf J.C. Steyn oor Louw as kind op Sutherland; as opvoedkundige in Kaapstad, Amsredam en Johannesburg; as skrywer, letterkundige, filosoof, kultuurleier; as minnaar en eggenoot. Steyn verbind Louw se lewensbesonderhede met sy omvangryke en geskakeerde letterkundige en filosofiese werk, skets die ontstaangeskiedenisse, gee besprekings, toon aan hoe dit krities ontvang is. Talle voorheen ongepubliseerde artikels, toesprake, onvoltooide tekste en radiopraatjies word ingesluit, naas Louw en andere se briewe, aantekeninge en dagboekinskrywings. Deel 1: Die Kaapse jare. Jeugjare op Sutherland. Leerling en student in Kaapstad. Eerste jare as opvoedkundige. Halfklaar werke en 'n halfklaar lewe. Ellendige jare en 'n sukses. Woordvoerder van die Afrikaanse nasionale strewe. Stormagtige maar ryk jaar. Kultuuropbou byna in afsondering. Nuwe kyk na ideologie en politiek. Hoogtepunte van die Afrikaanse poësie. Op weg na 'n nuwe Afrikaanse nasionalisme. Onbehae en nuwe uitdagings. Kennismaking met Nederland en Vlaandere.
View full details