Skip to product information
1 of 2

Bookworm Fantasy

Trane Agter die Horison deur Frans Calitz

Trane Agter die Horison deur Frans Calitz

Regular price R 80.00
Regular price R 120.00 Sale price R 80.00
Sale Sold out
159 Bladsye, Sagteband
21cm x 13.5cm
Eerste Uitgawe, Eerste Druk 2005

Die kolonisasie van die verskillende werelddele het sonder uitsondering op 'n magdom probleme vir beide koloniste en natuurlike inwoners uitgeloop en nerens sonder onmin en bloedvergieting verloop nie. Morele regverdiging daarvoor word op wye fronte gedebatteer en uiteenlopende reaksies is aan die orde van die dag. Die verhaal van Bonnie is tiperend van die probleme en smarte wat deur die partye ondervind was. In 1828 het sy as dertienjarige uit Skotland in die Kaap aangekom en baie skokkende ervarings belewe. Van die grepe en stukkies tussen die verhaal van Bonnie, is relevant in die opsig dat daar vandag nog probleme is wat as gevolg van kolonisasie ontstaan het, dat polarisasie nie net tussen verskillende kleurgroepe bestaan nie, en eksploitasie nog lank deel van ons woordeskat gaan wees. Ander stukkies is veronderstel om komies van aard te wees en ter illustrasie dat die lewe voortgaan, ongeag probleme wat ondervind is en word.
View full details